Joshua Na Die Reen - Die Wereld Binne My

 

Joshua Na Die Reen Die Wereld binne my

Thu. 19 Jul, 2018 at 7:30pm
 
 
 DIE WÊRELD... NÁ DIE REËN
Joshua na die Reën se unieke musiekstyl en strelende stem boei luisteraars reeds
sedert die eerste note van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014 die radio
en Afrikaanse musiekbedryf kom verower het. 

Hoendervleismooi is die perfekte woord om Joshua na die Reën se splinternuwe
album, Die Wêreld Binne My, op te som. Sy kenmerkende fluweelstem is die
perfekte pasmaat vir die interessante kombinasie van kontemporêre klanke en
instrumente, wat met groot sorg by elke liedjie ingewerk is, en die eindresultaat is so
treffend dat dit aanhangers se harte weer opnuut sal steel.
Vibe