HOU KOERS-KONSERT

Die Voortrekkers verjaar vandag. Negentig jaar gelede is die beweging in Bloemfontein gestig met 'n handjievol mense teenwoordig. Vandag is Die Voortrekkers die grootste Afrikaanse jeugbeweging, met 'n dinamiese voetspoor van Otjiwarongo tot Kaapstad en van Richardsbaai tot Upington.

Oor nege dekades is Die Voortrekkers se spore diep getrap in ons taal, kultuur en erfenis. Ons dien die Here en is diensbaar in ons omgewing. Ons eer ons voorgangers se dienswerk en bou vorentoe op hulle skouers. Ons vier feeste en bewaar ons monumente. Ons maak ’n positiewe verskil. Kampvure is steeds ons gunsteling kuierplek. Ons beleef steeds KAN-avonture in die natuur. Die fakkel op ons Voortrekkerwapen brand helder. Die afgelope twee jaar was moeilik met baie hartseer. Ons byt vas en Hou Koers. Ons is lief vir ons kinders en ons land.

Kom vier 90 jaar saam met ons vanaand om 19:00 met ’n spesiale Hou Koers-konsert.

Klik hier om jou kaartjie teen slegs R150 per toestel te koop: https://tickets.tixsa.co.za/events/22617

Vibe