'n Vyfster Rooitapytgeleentheid, aangebied deur ontbytSAKE op kykNET, wat bekendes in die vermaaklikheidsbedryf, smulleker geregte en ’n musiekvertoning insluit.
By dié geleentheid gee ontbytSAKE by uitstek erkenning aan uitnemende klein- en groter sakeondernemings, maar dit sluit ook vermaaklikheidstoekennings aan ons gewildste ateljeegaste en uitstaan-oomblikke in, want ontbytSAKE is daar om kykers te vermaak, maar ook om aan besighede bekostigbare nasionale blootstelling te bied.
"Ons Mense. Ons Besighede. Ons Trots!"
Datum: Donderdag, 30 Mei 2024 (net na verkiesingsdag en voor naweek)
Registrasie: 16:00 – 17:00 (Deure sluit om 18:00 vir verfilmingdoeleindes)
Rooitapyt en fotos: 16:00 – 17:30
Plek: Maslow Hotel, Time Square, Pretoria
Drag: Streng formeel (Strikdas/Aandrok)
Kaartjies: https://tickets.tixsa.co.za/event/ontbytsake-onderneming-van-die-jaar-2024
Programhoogtepunte
Rooitapyt-onderhoude en fotosessies
Professioneel saamgestelde toekenningsvertoning
Vermaak deur bekende kunstenaars, saamgestel deur die bekroonde Willie Venter
Smullekker driegang-maaltyd met wyn
Kuier voor en na die funksie op swembaddek (kontantkroeg)
Spesiale media-sessie vir al die wenners
Wat maak die Toekennings uniek
Eerste Toekenningsaand in ontbytSAKE se 24-jaar bestaan
Besigheid- en vermaaktoekennings word gekombineeren dan is daar 'n eerste-ooit in Suid Afrika wat die aand gaan plaasvind gedurende 'n toekenningsgeleentheid!
Moenie dié spoggeleentheid misloop nie! Dit beloof ook om ‘n uitstekende sosiale netwerkgeleentheid te wees!
Die ontbytSAKE-span sien uit daarna om u te verwelkom by wat beloof om 'n besondere aand te wees.
Back…